Verdagte aangekeer weens skietdood van vroulike mybestuurder

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga het ‘n verdagte aangekeer in verband met die moord Donderdagoggend op ‘n 27-jarige vroulike mynbestuurder in Carolina. Luidens berigte was Zanele Zwane op pad werk toe, toe sy in haar voertuig geskiet is. Sy was in die bestuurdersitplek van haar wit Toyota-bakkie wat geluier het met koeëlwonde aan haar bolyf. Die 38-jarige man is Saterdag gearresteer en sal vandag in die Carolina-landdroshof verskyn. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die motief is steeds onbekend.
29 Jan 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min