Mpumalanga polisie pleit vir kalmte na groepsgeweld in Phiva

Loading player...
Die polisiekommissaris in Mpumalanga, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het 'n beroep gedoen op kalmte na groepsgeweld Maandag en Dinsdag by Phiva naby Kamhlushwa uitgebreek het. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, het gemeenskapslede van Phiva huise en 'n kantoor van die sektormisdaadforum asook 'n patrollievoertuig afgebrand uit wraak vir die noodlottige aanranding van 'n vermeende dief. Openbare Orde Polisiëring is ontplooi. Die situasie is tans onder beheer.
30 Jan 2024 11PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min