DA maak alarm oor tekort aan brandweerwaens

Loading player...
Die DA het die Mpumalanga LUR vir Samewerkende Regering, Mandla Msibi, gevra om finansiering te verseker vir munisipaliteite om brandbestrydingstoerusting aan te koop. Dit provinsie het tans slegs 39 funksionerende brandweerwaens vir 'n bevolking van meer as 4 miljoen. Die DA-lid, Trudie Grovè-Morgan, sê dit is van kritieke belang dat al 17 plaaslike munisipaliteite voldoende toegerus is met brandbestrydingstoerusting. Sy sê hoewel die Kantoor van die Premier onlangs brandbestrydingsbakkies aan drie munisipaliteite geskenk het, dit nie ernstige skade aan eiendom of lewensverliese kan voorkom nie weens hul beperkte kapasiteit.
30 Jan 2024 11PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min