Nog 'n gebou brand in Barberton af

Loading player...
Nog 'n gebou het gisteraand in Barberton afgebrand. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, sê vrywillige brandbestryders kon saam met sekuriteitsmaatskappye en 'n Barberton Mines-brandweerwa verhoed dat die brand na naburige ondernemings versprei. Mbombela-brandweerwaens het ’n uur later opgedaag, maar die gebou was reeds afgebrand. Volgens Minnaar het hy na die laaste brand, toe 'n huis afgebrand en die eienaar dood is, 'n mosie by die stadsraad ingedien om voldoende, funksionerende brandweerdienste en -toerusting te versoek. Hy sê die ANC-meerderheid het daarteen gestem.
2 Feb 2024 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min