Nog 'n gebou brand in Barberton af

Loading player...
Nog 'n gebou het gisteraand in Barberton afgebrand. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, sê vrywillige brandbestryders kon saam met sekuriteitsmaatskappye en 'n Barberton Mines-brandweerwa verhoed dat die brand na naburige ondernemings versprei. Mbombela-brandweerwaens het ’n uur later opgedaag, maar die gebou was reeds afgebrand. Volgens Minnaar het hy na die laaste brand, toe 'n huis afgebrand en die eienaar dood is, 'n mosie by die stadsraad ingedien om voldoende, funksionerende brandweerdienste en -toerusting te versoek. Hy sê die ANC-meerderheid het daarteen gestem.
2 Feb 2024 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min