LUR vergader met Bohlabela-hoofde oor verswakte matriekslaagsyfer

Loading player...
Die LUR vir Onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, vergader vandag saam met die adjunkminister van Basiese Onderwys, Doktor Reginah Mhaule, met alle skoolhoofde in Bohlabela-distrik. ‘n Woordvoerder van die Departement, Jasper Zwane, sê die distrik het ‘n matriekslaagsyfer van sowat 10 persentasiepunte minder as in 2022 behaal. Die doel van die vergadering is om die uitslae te analiseer en die leerling-verbeteringsplan vir 2024 te bespreek.
5 Feb 2024 11PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min