Drie verdagtes vasgetrek weens gesteelde voertuie naby Lebombo

--:--
# Drie Mosambiekse burgers verskyn vandag in die Komatipoort-landdroshof op aanklagte van die besit van gesteelde voertuie, na hulle Maandag naby die Lebombo-grenspos gearresteer is. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, is die twee Toyota RAV 4's na bewering vroeër die maand in onderskeidelik Edenvale en Garsfontein in Gauteng gesteel. Hy sê nog klagtes kan teen die drie bygevoeg word soos die ondersoek vorder.
13 Feb 11PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Man vas wat glo vrou in Mattafin vermoor

‘n Man verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof op aanklagte van moord en poging tot moord na hy glo verlede Maandag sy 36-jarige vrou in Mattafin in Nelspruit doodgesteek het. Die paartjie se twee kinders is ook gesteek, maar het oorleef. Die verdagte was voortvlugtig tot hy homself Saterdag aan die…
29 Apr 5AM 1 min

Polisieminister in Kanyamazane vir Imbizo oor geweldsmisdaad

Die minister van Polisie, Bheki Cele, lei vandag ‘n Imbizo teen geweldsgebaseerde en ernstige misdaad in Kanyamazane buite Mbombela. Imbizo Ya Madoda wil gesprek bevorder met mans in die area om oplossings te vind vir maatskaplike probleme wat dikwels misdaad dryf. Dit vind by Kanyamazane-stadion plaas. Die nasionale woordvoerder van…
29 Apr 5AM 1 min

ActionSA werk aan plan om padnetwerk verder te ontwikkel

ActionSA sê hy sal nou begin met die ontwikkeling van 'n omvattende bloudruk om Suid-Afrika se padnetwerk te herstel, en sal dit voor die verkiesing aan Suid-Afrikaners voorlê. Die party het sy veldtog oor swak paaie afgesluit na besoeke aan gemeenskappe regdeur Mpumalanga, Limpopo en Noordwes. Michael Beaumont van ActionSA…
26 Apr 8AM 1 min

Pumas gasheer vir Luiperds Saterdag by Nelspruit Rugbyklub

Die Airlink Pumas speel môre weer tuis in die SA Beker. Die Pumas en Griekwas is die enigste onoorwonne spanne oor in die reeks met vier wedstryde oor om die finaliste te bepaal. Die boonste twee spanne op die punteleer sal in die eindstryd speel. Beide het 25 punte, met…
26 Apr 7AM 1 min

Minister van Arbeid sê regering kan werk help skep

Die Minister van Indiensneming en Arbeid, Thulas Nxesi, het vandag 17 arbeid-aktiverings-programme in Mbombela bekendgestel. Die inisiatief vorm deel van ‘n nasionale program wat daarop gemik is om meer as 700-duisend werksgeleenthede landwyd te skep. Hy sê mense moet opgelei word in vaardighede wat die ekonomie benodig en dan bemagtig…
24 Apr 5AM 1 min