Eskom-tegnikus gearresteer vir korrupsie

Loading player...
‘n Senior Eskom-tegnikus het gister in die hof verskyn op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery. Volgens die Valke in Mpumalanga was die 51-jarige Nkhetheni Percy Ramaru ‘n aandeelhouer van ‘n maatskappy wat in Augustus 2022 met Eskom sake gedoen het, sonder dat hy dit verklaar het. Ramaru is borgtog van 10-duisend-Rand toegestaan. Kaptein Dineo Sekgotodi, die woordvoerder van die Valke, sê die saak is tot 19 Februarie uitgestel.
13 Feb 2024 11PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min