ActionSA fokus op energiekrisis

Loading player...
Die provinsiale voorsitter en Mpumalanga premierskandidaat vir ActionSA, Thoko Mashiane, sê die party se topprioriteit is om die energiekrisis in die land aan te spreek. ActionSA het gister sy premierskandidate vir Mpumalanga, die Oos-Kaap en die Vrystaat bekendgemaak. Mashiane was vroeër ‘n munisipale bestuurder en vroueleier in die ANC se provinsiale strukture. Sy het sedert haar aansluiting by ActionSA gehelp om 75 takke in die provinsie te stig. Volgens Mashiane is ander sleutelkwessies toegang tot gesondheidsorg, gehalte onderwys en die uitwissing van korrupsie.
14 Feb 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min