Man in aanhouding na hy vrou glo in Komatipoort doodskiet

Loading player...
'n 46-jarige vrou is Vrydag in Komaptipoort doodgeskiet - na bewering deur haar vriend. Volgens die polisie het sy as ‘n amptenaar vir die polisie gewerk. Haar liggaam is deur haar dogter ontdek toe sy van die skool af teruggekeer het huis toe. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die 48-jarige verdagte het homself Saterdag aan die polisie oorgegee. Hy sal vandag in die Komatipoort-landdroshof verskyn op 'n aanklag van moord.
18 Feb 2024 11PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min