Man in aanhouding na hy vrou glo in Komatipoort doodskiet

Loading player...
'n 46-jarige vrou is Vrydag in Komaptipoort doodgeskiet - na bewering deur haar vriend. Volgens die polisie het sy as ‘n amptenaar vir die polisie gewerk. Haar liggaam is deur haar dogter ontdek toe sy van die skool af teruggekeer het huis toe. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die 48-jarige verdagte het homself Saterdag aan die polisie oorgegee. Hy sal vandag in die Komatipoort-landdroshof verskyn op 'n aanklag van moord.
18 Feb 2024 11PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min