Episode 2: Oor grense na hoop

Loading player...
In hierdie episode van Kerkbode Kollig gesels ons oor die oorsteek van grense. Ds Deon van der Berg van Stella in Noordwes is ondervoorsitter van die Red ‘n Plaas Red ‘n Gemeenskap Rampfondsprojek. Hy vertel meer daaroor asook die verskillende kreatiewe maniere waarop mense die camino-fondsinsameling daarvoor kan ondersteun. Die moderator van die Algemene Sinode van die NG Kerk, ds Jan Lubbe, was een van meer as 70 sprekers by ’n onlangse konferensie, Oplossings vir die platteland, wat in die Vrystaat plaasgevind het. Ons luister na ’n uittreksel uit sy spreekbeurt.
Peet Botma is ’n avonturier en lief vir die see. Hy het onlangs die harte van ’n groepie Kaapse kinders (almal uit moeilike omstandighede) baie bly gemaak toe hy reggekry het om manalleen met ’n roeiboot oor die Atlantiese oseaan te roei. Jaco Strydom het vir Kerkbode met hom gesels oor sy deelname aan een van die wêreld se mees uitdagendste wedvaarte, The Worlds Toughest Row.
24 Feb 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 66 | Wat is die 2026 PredikanteSAAMkoms (en wat is dit nie)?

Meer as 100 predikante is betrokke by die 2026 PredikanteSAAMkoms. Dié geleentheid, beplan vir einde Augustus, gaan deur honderde NG predikante van regoor Suid-Afrika bygewoon word. Waarom is so ’n massasaamkoms nodig – en hoe hoop die organiseerders sal dit predikante én hulle gemeentes kan versterk en bedien? Vir hierdie…
3 Aug 21 min

Kollig episode 65 | Trauma se onsigbare wonde – hoe lyk die kerk se sorg?

’n Klomp goed het gebeur na die moord op sy skoonouers. ’n Polisie-ondersoek, hofsaak, media. Maar toe raak dit stil, ook vanaf die kerk. “Toe sit ons nog met die verwonding …” Só vertel ds Gerhard Pietersen wie se skoonouers in 2016 op hulle Suid-Kaapse kleinhoewe vermoor is. Hy is…
25 Jun 26 min

Kollig episode 64 | Sinodegangers deel indrukke by Bothaville

Hoe het afgevaardigdes en gassprekers die NG Kerk Vrystaat se sinodesitting van 7-10 Junie beleef? Kerkbode-redakteur Le Roux Schoeman praat op die laaste dag met afgevaardigdes Daleen Deacon en Hansie van Niekerk, asook ds Ulrich Ohlhoff, dr Nina Müller van Velden en dr Marinda van Niekerk van PEN en die…
11 Jun 21 min