
Twee broers dood in skietery by drankwinkel in Calcutta
Loading player...
# Twee broers is dood en nog twee mense gewond tydens 'n skietery by 'n drankwinkel in Mantangaleni-trust by Calcutta Vrydagaand. Die broers van 25- en 30-jaar-oud is noodlottig gewond, terwyl ‘n 35-jarige vrou en ‘n 29-jarige man in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal is. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kaptein Magonseni Nkosi, het onbekende aanvallers op die slagoffers losgebrand. Hulle het ‘n vuurwapen by een van die oorledenes afgeneem. Die motief agter die skietery is nie bekend nie.