N4-ongeluk eis twee onderwysers

--:--
Twee onderwysers is gistermiddag dood on ‘n trompop-botsing op die N4 buite Mbombela. Volgens Emer-G-Med het 'n ligte afleweringsvoertuig en sedan omstreeks 20-oor-3 tussen Eric's Stalls en Rivulets teen mekaar vasgery. Vyf mense is beseer. ‘n Woordvoerder van die Mpumalanga Onderwysdepartement, Gerald Sambo, sê die onderwysers was op pad terug van 'n opleidingsessie by die Emalahleni Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie Akademie. Die LUR, Bonakele Majuba, sal die families van die oorledenes vandag besoek.
29 Feb 12AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Goven Mbeki lieg oor rede vir watertekorte

Die DA in Govan Mbeki is geskok om te verneem dat die munisipaliteit die publiek mislei het oor die oorsaak van die watertekorte regoor die munisipaliteit. DA-raadslid Fiona Pelman sê die munisipaliteit het vir inwoners gelieg en beweer dat hoë aanvraag en infrastruktuur-uitdagings onlangse waterafsluitings veroorsaak het. Die LUR vir…
3 Dec 4AM 1 min

DA geskok oor tekort aan water en kragtoevoer aan 2-miljard-Rand projek

Die DA gaan die Mpumalanga Premier, Mandla Ndlovu, vra om in te gryp by die Internasionale Vrasproduktemark in Nelspruit. Volgens Tersia Marshall van die DA het die gebou die afgelope ses jaar die belastingbetaler reeds 2-miljard-Rand gekos om op te rig, maar daar is geen lopende water of elektrisiteit nie…
3 Dec 4AM 1 min

SANParke stel hek-kwotas in vir Krugerwildtuin

SANParke gaan hekkwotas instel vir dagbesoekers aan die Nasionale Krugerwildtuin gedurende die feestyd. Dit geld vandaf 15 Desember. Besoekers word aangeraai om vooraf aanlyn te bespreek of via SANParke-besprekings. Tydgleuwe sluit in half-ses tot agtuur soggens, van agt tot tien voormiddag, en na 10-uur. Die woordvoerder van die wildtuin, Ike…
2 Dec 7AM 1 min

Ondersoek na polisie glo drie onwettige mynwerkers in Sabie doodskiet

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek ‘n voorval waartydens drie vermeende onwettige mynwerkers gister in Sabie doodgeskiet is. Volgens die polisie was hulle besig met roetinepatrollies in die omgewing van die New Village-mynskag toe daar uit verskillende rigtings op hulle geskiet is. Een beampte van die honde-eenheid is in die been getref…
29 Nov 6AM 1 min