Polisie waarsku weer teen blouligbendes in Mpumalanga

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga waarsku teen sogenaamde blouligbendes wat hulself as wetstoepassers voordoen om motoriste of vragmotorbestuurders te beroof en selfs te ontvoer. Hulle sê dat werklike wetstoepassers jou sal toelaat om tot by ‘n veilige plek te ry om af te trek, as hulle jou stop. Hulle vra ook dat motoriste dit aanmeld wanneer hulle verdagte konfrontasies op die provinsie se paaie sien gebeur. ‘n Polisiewoordvoerder, Kaptein Magonseni Nkosi, waarsku motoriste om veral op die N2, N3, N4, N11 en N17 versigtig te wees.
1 Mar 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min