Gedenkdiens vir oorlede onderwysers Dinsdag gehou

--:--
'n Gedenkdiens vir drie onderwysers wat Woensdag in 'n botsing op die N4 dood is, word môre in Matsulu gehou. Thembinkosi Nkosi, Kholwani Sibisi en Nickson Toga het Wiskunde en Wetenskap by Tikhontele en Masitakhe Sekondêre Skole in Matsulu aangebied en was op pad terug van 'n opleidingsessie in Emalahleni ten tyde van die ongeluk. Volgens ‘n woordvoerder van die Mpumalanga Onderwysdepartement, Gerald Sambo, sal die LUR, die burgemeesters van Mbombela en Ehlanzeni, sowel as die provinsiale voorsitter van Sadtu die diens bywoon.
4 Mar 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Spesiale Ondersoekeenheid lê beslag op bates van 52-miljoen-Rand in Covid-19-beskermingstoerusting-korrupsiesaak

Die Spesiale Ondersoekeenheid, die Batebeslagleggingseenheid en die Valke het vandag beslag gelê op bates van meer as 52-miljoen-rand wat met die 2020/2021 Covid-19 beskermingstoerusting korrupsiesaak verband hou. Kaizer Kganyago het aan die SABC gesê 22 senior hoofde van die Departement van Openbare Werke in Mpumalanga, Gauteng, Noordwes en die Wes-Kaap is in…
23 Jul 5AM 1 min

Hazyview ongeluk eis vier lewens

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Jackie Macie, betreur die dood van vier mense in 'n trompop botsing vanoggend. Volgens die departement het 'n ligte afleweringsvoertuig en sportnutsvoertuig op die R40 buite Hazyview gebots. Drie van die oorledenes was insittendes van die sportnutsvoertuig. Die bakkiebestuurder is ook dood. Die woordvoerder, Moeti…
22 Jul 4AM 1 min

Vermeende dwelmhandelaars in Evander aangekeer

Die Valke het gister saam met die Secunda honde-eenheid vyf Nigeriese burgers in Evander gearresteer vir handel in dwelms, inmenging met polisiepligte en oortreding van die Immigrasiewet. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kaptein Dineo Sekgotodi, is twee verdagtes is in hegtenis geneem vir handel in dwelms. Die…
19 Jul 7AM 1 min

Drie vasgetrek met olifanttande in Mbombela

# Drie verdagtes tussen die ouderdomme van 38 en 53 verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof vir die onwettige besit van olifanttande. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, is hulle gistermiddag by die Hall’s-vulstasie in Mbombela aangekeer na wetstoepassers gereageer het op inligting oor ‘n verdagte…
19 Jul 4AM 1 min

DA vra vir tweede polisiestasie in Pienaar

Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jackie Macie, om ‘n tweede polisiestasie in Pienaar buite Mbombela op te rig. Dit volg op ‘n vlaag skokkende moorde waartydens vier vroue en kinders in soveel weke vermoor en begrawe of verbrand is. Volgens Teboho Sekaledi, die…
19 Jul 3AM 1 min