LUR moedig taverne-eienaars aan om veiligheid te verbeter na skietvoorvalle in Mpumalanga styg

Loading player...
Die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid moedig taverne-eienaars aan om hul sekuriteit op te skerp. Dít na verskeie noodlottige skietvoorvalle by tavernes in die provinsie die afgelope ruk plaasgevind het. In die jongste voorval is drie mense Sondag by ‘n taverne in Tweefontein doodgeskiet. Die LUR, Vusi Shongwe, sê eienaars moet met gemeenskapslede en die polisie saamwerk om hul kuierplekke te beveilig. Sy woordvoerder, Moeti Musi:
5 Mar 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min