Werk aan heining tussen wildtuin en Matsulu begin eersdaags

Loading player...
# SANParke en die Mpumalanga Toerisme- en Parke-agentskap beplan om die heining tussen Matsulu en die Krugerwildtuin te herstel, in 'n poging om konflik tussen mense en wilde diere te bekamp. Dit volg na verskeie berigte van olifante vanuit die wildtuin wat in dié gemeenskappe amok saai. ‘n Olifant moes in Februarie van kant gemaak word. Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, sê konstruksie behoort in April te begin en sal agt maande duur.
11 Mar 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min