DA gaan Menseregtekommissie toe oor Govan Mbeki-waterkrisis

Loading player...
Die DA in Govan Mbeki-munisipaliteit gaan die Menseregtekommissie vra om in te gryp by die voortslepende waterkrisis in die area. Rand Water beweer dat dié munisipaliteit saam met Victor Khanye hom sowat een-miljard-Rand skuld. Volgens die DA-raadslid, Desire Krantz, betaal die plaaslike owerheid nie hul skuld aan die waterverskaffer nie en gevolglik sit hele gemeenskappe sonder water. Krantz voer aan hulle word nie eens deur tenks van water voorsien nie en moet hulle water privaat koop.
19 Mar 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min