Episode 7: Twee vertel hoe Jesus se lyding hulle dieper geraak het

Loading player...
Emeritus-prof Pieter Carstens van Pretoria wou in Februarie 2019 weens ’n terminale kankerdiagnose sy lewe waardig afeindig. Hy wou dit doen met bystanddood by die Dignitas-kliniek in Switserland soos wat Carol de Swardt van George (ook gediagnoseer met aggressiewe velkanker) vroeër vanjaar gedoen het.
Toe gebeur in sy woorde “net ’n wonderwerk”. Danksy ‘n toe nog redelik nuwe kankermedikasie is sy gewas op sy kop genees. Nou gebruik hierdie kenner in kriminele en mediese reg sy tweede kans op lewe om te kyk hoe hy vir ander iets goeds kan doen. So gesels hy ook graag oor sy belewenis omdat so baie mense vrae het rondom bystanddood of genadedood.
Carel van der Merwe is 53 en in sy eerste pos as medeleraar by NG Moedergemeente Worcester. Hy het met Le Roux Schoeman van Kerkbode gesels oor sy kronkelpad van mega-melkstal tot op die kansel.
31 Mar 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 66 | Wat is die 2026 PredikanteSAAMkoms (en wat is dit nie)?

Meer as 100 predikante is betrokke by die 2026 PredikanteSAAMkoms. Dié geleentheid, beplan vir einde Augustus, gaan deur honderde NG predikante van regoor Suid-Afrika bygewoon word. Waarom is so ’n massasaamkoms nodig – en hoe hoop die organiseerders sal dit predikante én hulle gemeentes kan versterk en bedien? Vir hierdie…
3 Aug 21 min

Kollig episode 65 | Trauma se onsigbare wonde – hoe lyk die kerk se sorg?

’n Klomp goed het gebeur na die moord op sy skoonouers. ’n Polisie-ondersoek, hofsaak, media. Maar toe raak dit stil, ook vanaf die kerk. “Toe sit ons nog met die verwonding …” Só vertel ds Gerhard Pietersen wie se skoonouers in 2016 op hulle Suid-Kaapse kleinhoewe vermoor is. Hy is…
25 Jun 26 min

Kollig episode 64 | Sinodegangers deel indrukke by Bothaville

Hoe het afgevaardigdes en gassprekers die NG Kerk Vrystaat se sinodesitting van 7-10 Junie beleef? Kerkbode-redakteur Le Roux Schoeman praat op die laaste dag met afgevaardigdes Daleen Deacon en Hansie van Niekerk, asook ds Ulrich Ohlhoff, dr Nina Müller van Velden en dr Marinda van Niekerk van PEN en die…
11 Jun 21 min