FlySafair begin met direkte vlugte tussen Mbombela en Kaapstad

Loading player...
FlySafair het vandag met direkte vlugte tussen Mbombela en Kaapstad begin. Dit is die eerste keer dat dié lugredery vandaf die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe vlieg. Die provinsiale regering was vanoggend by om amptelik die historiese roete bekend te stel. Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane sê dit sal ‘n groot bydrae lewer om Mpumalanga as ‘n toerisme-aantreklikheid te bevorder.
2 Apr 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min