DA eis dat koppe rol weens oorbetaling vir watertenks

--:--
Die DA in Mpumalanga eis dat relevante beamptes van die provinsiale Departement van Menslike Nedersettings geskors en ondersoek word weens die beweerde oorbetaling vir watertenks. Volgens Jane Sithole, die DA se provinsiale leier, is daar volgens die Spesiale Ondersoek Eenheid bevind dat 5-komma-7-miljoen-Rand en 8-komma-9-miljoen-Rand spandeer is aan watertenks wat tussen 625-duisend- en 1-komma-250-miljoen-Rand werd is. Sithole sê verlede jaar is ‘n leerling dood toe een van die tanks ineengestort het, en die kontrakteur word deur die polisie ondersoek.
2 Apr 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Rolspelers vergader oor sekerheids-kommernisse by skole in Masoyi

Die Provinsiale Onderwysdepartement het vanoggend vergader met rolspelers om kwelinge oor veiligheid in die White-Hazy-kring aan te spreek. Onderwysers en ondersteunende personeel het deur hul vakbonde hul bekommernis uitgespreek oor ‘n onlangse toename in misdaad wat skole in Masoyi teiken. Fanie Ngwenyama, provinsiale voorsitter van Nehawu in Mpumalanga:
2 May 8AM 1 min

Laeveld Lugskou volgende naweek

Die ABSA Laeveld lugskou wat volgende week plaasvind, behels ‘n intense vertoning van drie ure by een van die beste venues in SA vir ‘n lugskou: Die Ou Nelspruit-lughawe. Johan Heine van Kishugu:
2 May 8AM 1 min

Onderwysdepartement soek oplossings vir misdaad teen Masoyi-skole

Die Mpumalanga Onderwysdepartement vergader môre met rolspelers om kwelinge oor veiligheid in die White-Hazy-kring aan te spreek. Onderwysers en ondersteunende personeel het deur hul vakbonde hul bekommernis uitgespreek oor ‘n onlangse toename in misdaad wat skole in Masoyi teiken. Dit volg op ‘n gewapende rooftog by Jerusalem Sekondêr op 10…
1 May 7AM 1 min

Groot aksie om diere rondom Sabie te steriliseer

Die "Mass Animal Sterilisation Trust" in Sabie hou môre 'n groot fondsinsameling om die noodsaaklike diens wat hulle aan omliggende areas bied, te befonds. Debbie Moller sê inisiatiewe soos die “Yor-K9 Bark in the Park” help hulle om tydens uitreikaksies mense se troeteldiere te steriliseer. Sy sê hulle kon verlede…
30 Apr 8AM 1 min

ActionSA maak kapsie oor dienste afgesny word in Low's Creek

ActionSA eis dat die LUR vir Openbare Werke in Mpumalanga, Mandla Ndlovu, verduidelik hoekom die Low’s Creek-kliniek en Thusong-dienssentrum al reeds ‘n maand gesluit is. Simangaliso Shongwe, die woordvoerder van ActionSA in Mpumalanga, sê dit is weens nie-betaling van hul Eskom-rekeninge. Die dienssentrum sluit in ‘n kliniek, regeringsdepartemente en skool…
30 Apr 7AM 1 min