DA verwelkom R200-miljoen-boete oor riool in Govan Mbeki

--:--
Die DA het die Govan Mbeki-munisipaliteit se boete van 200-miljoen-Rand vir die oortreding van omgewingswette verwelkom. Die boete wat deur die Bethal-landdroshof opgelê is, is vir die storting van rou en onbehandelde riool in die eMbalenhle-watersuiweringsaanleg en die Watervalhoekrivier tussen November 2019 en September 2020. 50-miljoen-Rand van die vonnis is vir vyf jaar opgeskort. James Masango van die DA, sê egter die munisipaliteit is te bankrot om die boete te kan betaal.
11 Apr 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Operasie Vala Umgodi trek nog verdagtes vas

Die polisiekommissaris in Mpumalanga, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het wetstoepassers geloof vir nog deurbrake in Operasie Vala Umgodi wat onwettige mynbedrywighede teiken. Saterdagoggend is 28 rondes ammunisie sowel as verskeie stukke myntoerusting gekonfiskeer tydens ‘n operasie in Pelgrimsrus. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê elf ongedokumenteerde mense is ook aangekeer. ‘n…
29 Apr 9AM 1 min

Man vas wat glo vrou in Mattafin vermoor

‘n Man verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof op aanklagte van moord en poging tot moord na hy glo verlede Maandag sy 36-jarige vrou in Mattafin in Nelspruit doodgesteek het. Die paartjie se twee kinders is ook gesteek, maar het oorleef. Die verdagte was voortvlugtig tot hy homself Saterdag aan die…
29 Apr 5AM 1 min

Polisieminister in Kanyamazane vir Imbizo oor geweldsmisdaad

Die minister van Polisie, Bheki Cele, lei vandag ‘n Imbizo teen geweldsgebaseerde en ernstige misdaad in Kanyamazane buite Mbombela. Imbizo Ya Madoda wil gesprek bevorder met mans in die area om oplossings te vind vir maatskaplike probleme wat dikwels misdaad dryf. Dit vind by Kanyamazane-stadion plaas. Die nasionale woordvoerder van…
29 Apr 5AM 1 min

ActionSA werk aan plan om padnetwerk verder te ontwikkel

ActionSA sê hy sal nou begin met die ontwikkeling van 'n omvattende bloudruk om Suid-Afrika se padnetwerk te herstel, en sal dit voor die verkiesing aan Suid-Afrikaners voorlê. Die party het sy veldtog oor swak paaie afgesluit na besoeke aan gemeenskappe regdeur Mpumalanga, Limpopo en Noordwes. Michael Beaumont van ActionSA…
26 Apr 8AM 1 min

Pumas gasheer vir Luiperds Saterdag by Nelspruit Rugbyklub

Die Airlink Pumas speel môre weer tuis in die SA Beker. Die Pumas en Griekwas is die enigste onoorwonne spanne oor in die reeks met vier wedstryde oor om die finaliste te bepaal. Die boonste twee spanne op die punteleer sal in die eindstryd speel. Beide het 25 punte, met…
26 Apr 7AM 1 min