Verdagte vasgetrek in besit van plofstof na roof by vulstasie

Loading player...
‘n Vermeende sakerower sterk onder polisiebewaking aan in die hospitaal na hy Saterdagaand geskiet is tydens ‘n rooftog by ‘n vulstasie in Thulamahashe. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, was hy in besit van plofstof. Sowat agt gewapende aanvallers het kort voor middernag op die vulstasie toegesak en werknemers met vuurwapens aangehou. Hulle het die kluis oopgeblaas en met ‘n onbekende bedrag kontant gevlug. Die man wat vasgetrek is sal eersdaags in die Mhala-hof verskyn. Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat ondersoek die skietvoorval.
15 Apr 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Friends of Chimp Eden maak korte mette van verval

Die Friends of Chimp Eden is aan die einde van 2024 tot stand gebring om Chimp Eden te help om sy fasiliteite weer tops te kry en dit het soete vrugte afgewerp. Sarah Koster kuier in die ateljee.
18 Mar 8AM 6 min

Blinde potjiekos is terug

Die Mpumalanga Blind Skills Development Hub groei met rasse skrede. Ter ondersteuning is jy genooi om saam te kom potjiekos maak. Prince Ngema, Zandré Pelser en Fanie Msiza kuier in die ateljee.
12 Mar 7AM 8 min

Pumas begin SA Beker goed

Die Airlink Pumas is na die eerste ronde van die SA Beker weens hul punteverskil van 68 eerste bo-aan die punteleer. Hulle het Vrydag met 75-7 oor die Phangela SWD Arende geseëvier by Mbombela-stadion. Hulle speel Saterdag weg teen die Oostelike Provinsie in Gqeberha en die naweek daarna weer tuis…
12 Mar 4AM 9 min

Anton Goosen vier 50 jaar in musiek

Anton Goosen vier vanjaar 50 jaar in die musiekbedryf. Hy gesels met Amanda oor sy loopbaan voor musiek (in die onderwys) en sy jongste vrystelling "Tik Tok (die ballade van Klasie Frik van Staden)".
11 Mar 4AM 11 min