Verdagte vasgetrek in besit van plofstof na roof by vulstasie

Loading player...
‘n Vermeende sakerower sterk onder polisiebewaking aan in die hospitaal na hy Saterdagaand geskiet is tydens ‘n rooftog by ‘n vulstasie in Thulamahashe. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, was hy in besit van plofstof. Sowat agt gewapende aanvallers het kort voor middernag op die vulstasie toegesak en werknemers met vuurwapens aangehou. Hulle het die kluis oopgeblaas en met ‘n onbekende bedrag kontant gevlug. Die man wat vasgetrek is sal eersdaags in die Mhala-hof verskyn. Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat ondersoek die skietvoorval.
15 Apr 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min