
Operasie Vala Umgodi trek nog verdagtes vas
Loading player...
Die polisiekommissaris in Mpumalanga, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het wetstoepassers geloof vir nog deurbrake in Operasie Vala Umgodi wat onwettige mynbedrywighede teiken. Saterdagoggend is 28 rondes ammunisie sowel as verskeie stukke myntoerusting gekonfiskeer tydens ‘n operasie in Pelgrimsrus. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê elf ongedokumenteerde mense is ook aangekeer. ‘n Verdagte is Vrydag ook aangekeer by Simile in Sabie met onwettige plofstof in sy besit. Daar is ook op gouddraende stof beslag gelê. Die beskuldigdes sou vandag in die onderskeie howe verskyn.