
ActionSA maak kapsie oor dienste afgesny word in Low's Creek
Loading player...
ActionSA eis dat die LUR vir Openbare Werke in Mpumalanga, Mandla Ndlovu, verduidelik hoekom die Low’s Creek-kliniek en Thusong-dienssentrum al reeds ‘n maand gesluit is. Simangaliso Shongwe, die woordvoerder van ActionSA in Mpumalanga, sê dit is weens nie-betaling van hul Eskom-rekeninge. Die dienssentrum sluit in ‘n kliniek, regeringsdepartemente en skool. Shongwe sê kinders het ‘n reg op onderwys. Die party vra dat Ndlovu dringend die Eskom rekening betaal sodat dienste kan hervat.