Meer as 4-miljoen-Rand se kokaïen ontdek na motorongeluk in Mbombela

Loading player...
‘n 23-jarige man word deur die polisie ondervra na hy betrap is met wat hulle glo kokaïen is. Hy was gistermiddag in ‘n ongeluk op die N4 naby Valencia in Mbombela toe die sleepwa van sy KIA-bakkie losgekom het. Beamptes wat op die ongeluk gereageer het, het gemorsde wit poeier opgemerk en die honde-eenheid is ontbied. Die polisie is oortuig dit is kokaïen en dat dit onderweg was na Gauteng. Dit het ‘n geraamde waarde van vier-en-‘n-half-miljoen-Rand. Die poeier word tans getoets.
3 May 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min