LUR bekommerd na nog ‘n verkeersbeampte deur vragmotor doodgery word

Loading player...
Die waarnemende LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Busi Shiba, het haar skok uitgespreek na nog ‘n verkeersbeampte deur ‘n vragmotor doodgery is op die provinsie se paaie. Die jongste voorval het Sondagoggend op die N4 naby Komatipoort plaasgevind toe die betrokke beampte ‘n vragmotor probeer stop het. Dit is die tweede voorval binne etlike dae. Die 52-jarige Henry Ngwamba is onder soortgelyke omstandighede op die N2 naby Mkhondo dood toe hy in die uitvoer van sy take deur ‘n vragmotor getref is. Die woordvoerder van die departement, Moeti Mmusi:
6 May 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min