Regering faal Lily Myn-gesinne steeds

Loading player...
Die regering hou aan om die gesinne van die Lily Myn-tragedie in die steek te laat. Dit is volgens Harry Mazibuko, die woordvoerder van die gesinne van Pretty Nkambule, Yvonne Mnisi en Solomon Nyirenda. Hul liggame bly sedert die ineenstorting van die myn in Februarie 2016 ondergronds vasgekeer. Mazibuko sê hulle is Vrydag in kennis gestel dat die Departement van Minerale Bronne en Energie beplan om die mynlisensie weer toe te ken aan Vantage Goldfields, wat in beheer was ten tyde van die tragedie.
6 May 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min