
Premier oorhandig nuwe voertuie aan tradisionele leiers
Loading player...
Die Premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het vandag verskeie nuwe voertuie aan tradisionele leiers oorhandig by Mbombela-stadion. Sy sê dit het ten doel om hul taak te vergemaklik wanneer hulle hul take in uitgebreide areas aan wydverspreide gemeenskappe uitvoer. Mtshweni-Tsipane sê dit is egter kommerwekkend om te hoor dat sekere lede van koninklike gesinne die voertuie by hulle af wil neem.