Verdagtes gesoek na transitoroof in Mhala

Loading player...
Die Valke in Mpumalanga soek na gewapende rowers wat Saterdagmiddag ‘n transitoroof op twee Fidelity-voertuie uitgevoer het in die omgewing van Thulamahashe. ‘n Groep van ongeveer 20 gewapende aanvallers het glo toegeslaan en die bestuurder van die ondersteuningsvoertuig geskiet en gewond. Hulle het op die gepantserde voertuig geskiet om dit tot stilstand te dwing en dit toe oopgeblaas. Verskeie vuurwapens is by die wagte afgeneem. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê hulle kon met ‘n onbekende bedrag kontant vlug.
10 Jun 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min