Evander reeds agt dae sonder water

Loading player...
Die DA in Govan Mbeki-munisipaliteit het ‘n beroep gedoen op die ANC administrasie om ‘n gebeurlikheidsplan te ontwikkel om watertoevoer in Evander te verseker. Volgens Ansie van Marle, DA-raadslid, was inwoners teen gister reeds agt dae sonder water. Sy sê daar is nie ‘n noodpomp om langdurige onderbrekings te verhoed nie. Die DA het aan die munisipale bestuurder, Elliot Maseko, geskryf om te vra dat hulle die reservoir se infrastruktuur ondersoek te midde van groeiende frustrasie onder inwoners oor die wanfunksionele watertoevoer.
12 Jun 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min