Episode 18: Dr Coenie Burger vertel meer oor sy eie geloofstorie en van sy nuwe boek

Loading player...
Hy het min pak gekry, maar dit was die keer wat sy pa hom nie pak gegee het nie wat hom
met ander oё na sy pa laat kyk het. Dat hy sy pa as mens begin raaksien het. Iets
soortgelyk het oor jare met hom gebeur in sy verhouding met God en hoe hy oor God voel.
’n Ontdekking dat God hom liefhet en omgee en na hom wil luister. “Dit maak dat ek glo
vandag,” vertel dr Coenie Burger wie se nuutste boek Verbind aan Christus: Om in
vereniging met Christus te leef, pas verskyn het.
Hy begin ons gesprek met ’n aanhaling uit sy boek deur die gereformeerde teoloog
Johannes Calvyn: “For my own part, I am overwhelmed by the depth of this mystery, and
am not ashamed to join Paul in acknowledging at once my ignorance and my admiration
… whatever is supernatural is clearly beyond our own comprehension. Let us therefore
labour more to feel Christ living in us, than to discover the nature of that intercourse.”
16 Jun 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 36 | ‘Ons is verslaaf aan besig wees’ - Ronell Bezuidenhout

Agt jaar terug het die skrywer dr Ronell Bezuidenhout die besige lewe van ’n stadspredikant agtergelaat. Met demissiestatus onder die arm het sy na haar ouers op Groot Brakrivier se strandhuis gekom vir wat sy gehoop het is ’n sabbatsjaar. Een met tyd vir skryf en skilder. Toe verloop dinge…
24 Jan 25 min

Episode 34 | ‘My eie ma het my nie herken nie … ’ - Johnny Davids

Toe Johnny Davids as jong man sy ma en ouma gaan op soek het op die Kaapse Vlakte na hy jare tevore as seuntjie van daar af weggeloop het, het sy ma hom nie herken nie. “Dit het baie seer gemaak,” vertel dié Kwêla-programaanbieder, SuperSport-omroeper en gospelsanger wat vir die…
30 Nov 2024 13 min