Verkragter tot lewenslank gevonnis

Loading player...
‘n 40-jarige man is lewenslange tronkstraf opgelê deur die KwaMhlanga-streekshof vir die verkragting van ‘n 15-jarige meisie. Abashon Posh Mayo en sy slagoffer was bure ten tyde van die voorval in 2012. Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, sê die hof het die voorgeskrewe vonnis opgelê omdat dit nie sy eerste oortreding is nie. Hy het ook geen berou getoon nie, en het teen ‘n minderjarige oortree. Die NVG loof die polisie vir hul noukeruige ondersoek wat tot die skuldigbevinding gelei het.
12 Jun 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min