Mpumalanga-wetgewer hou môreoggend eerste sitting

Loading player...
Die Mpumalanga provinsiale wetgewer kom môreoggend byeen om nuwe lede in te sweer en 'n nuwe Speaker, adjunkspeaker en Premier te verkies. Die regerende ANC se steun het tydens die verkiesing beduidend - met 20 persentasiepunte - gedaal, maar die party het steeds 51-persent op hom verenig, en 27 setels gewen. Die MK Party is die nuwe amptelike opposisie in die provinsie met amper 17-persent van die stem wat aan hulle nege setels besorg. Die EFF het sewe, en die DA ses. Die VF Plus kon hul setel behou en ActionSA het vir die eerste keer 'n setel gewen. Die genomineerde premierskandidate is die provinsiale voorsitter, Mandla Ndlovu; die vroueliga se sameroeper, Cathy Dlamini; en die huidige Premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane.
13 Jun 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min