Mannejag geloods na vermeende moordenaar

Loading player...
Die polisie soek ‘n verdagte wat na vermoede sy vriendin vermoor het in Buffelspruit naby Schoemansdal. Die 48-jarige Ntokozo Khaliphako se liggaam is op 4 Junie ontdek en die polisie glo haar mansvriend, wat intussen verdwyn het, is verantwoordelik. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê hulle het 'n massiewe soektog van stapel gestuur na Victor Matsebula, wat hulle glo hulle in hul ondersoek kan bystaan. Enigiemand met inligting is genooi om dit met die polisie te deel.
14 Jun 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min