Renosterstroper 19 jaar tjoekie toe gestuur

Loading player...
'n Gewoonte-misdadiger is gister 19 jaar direkte gevangenisstraf opgelê deur die Skukuza-streekhof vir stroopverwante misdrywe. Sydney Silver Zitha is in Augustus 2018 deur veldwagters aangekeer, maar het gevlug na hy borgtog toegestaan is. Hy is in September 2018 weer aangekeer na hy 'n renoster in die Tshokwane-area van die wildtuin doodgeskiet het. Hy is skuldig bevind aan betreding in die Krugerwildtuin, die besit van 'n vuurwapen, sameswering om 'n misdryf te pleeg, die besit van ammunisie en die besit van 'n gevaarlike wapen. Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga:
17 Jun 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min