Ermelo polisiekonstabel vasgetrek vir beweerde motorkaping

Loading player...
'n 35-jarige konstabel verbonde aan die Ermelo-polisiestasie is Sondag in hegtenis geneem op ‘n aanklag van motorkaping en die besit van ‘n vermoedelik gesteelde voertuig. Dit volg na die kaping Saterdag van ‘n VW Polo. Die slagoffer het twee mans ‘n saamrygeleentheid gegee toe hulle hom ontvoer en gedwing het om kontant te onttrek. Hulle is bygestaan deur ‘n medepligtige in ‘n BMW. Die man kon later vlug en het die volgende dag die BMW by ‘n karwassery opgemerk. Hy het die polisie in kennis gestel en die verdagte is aangekeer. Die BMW is vroeër die maand in Hluhluwe in KwaZulu-Natal gesteel. Die konstabel sal na verwagting vandag in die hof verskyn.
18 Jun 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min