Ermelo polisiekonstabel vasgetrek vir beweerde motorkaping

Loading player...
'n 35-jarige konstabel verbonde aan die Ermelo-polisiestasie is Sondag in hegtenis geneem op ‘n aanklag van motorkaping en die besit van ‘n vermoedelik gesteelde voertuig. Dit volg na die kaping Saterdag van ‘n VW Polo. Die slagoffer het twee mans ‘n saamrygeleentheid gegee toe hulle hom ontvoer en gedwing het om kontant te onttrek. Hulle is bygestaan deur ‘n medepligtige in ‘n BMW. Die man kon later vlug en het die volgende dag die BMW by ‘n karwassery opgemerk. Hy het die polisie in kennis gestel en die verdagte is aangekeer. Die BMW is vroeër die maand in Hluhluwe in KwaZulu-Natal gesteel. Die konstabel sal na verwagting vandag in die hof verskyn.
18 Jun 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min