Episode 19: Oor balans vind met kinders se skermtyd en ‘n nuwe storiekanaal

Loading player...
Kenners waarsku al meer dat skermtyd bestuur moet word met jong kinders. Dog mens kan vra of in ons skermgedrewe samelewing ’n mate van skermblootstelling nie onvermydelik geword het nie en in sulke gevalle, wat kan kinders kyk?
Met juis hierdie vrae ingedagte het Maryke Hansen, ’n jong ma van twee begin droom oor ’n kanaal ‘met inhoud in Afrikaans met sterk Bybelse waardes waarna kinders, wanneer hulle dan nou wel skermtyd inkry, kan kyk’. Maar om tyd te kry in haar besige lewe om dit te laat realiseer verg toe blykbaar ’n “geforseerde rustyd”.
Sy is die inhoudsvervaardiger van LiG en Bybel-Media se nuwe gratis Afrikaanse YouTube-kanaal, Ligland – Leef met lig, lag en liefde. Hulle eerste reeks van 12 animasie-Bybelverhale gerig op 0-3 jariges is pas bekendgestel. Sy vertel in hierdie podsending meer oor haar eie geloofstorie agter die skep van hierdie nuwe kinderstoriekanaal wat insluit ’n pynlike episode met ’n knie-operasie. Sy deel ook meer oor wat vir haar as oud-onderwyseres belangrik was in die skep van inhoud saam met ander kundiges soos predikante en onderwysers vir hierdie kanaal.

Kliek hier om na die Ligland-kanaal te kyk: https://www.youtube.com/@ligland
23 Jun 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 66 | Wat is die 2026 PredikanteSAAMkoms (en wat is dit nie)?

Meer as 100 predikante is betrokke by die 2026 PredikanteSAAMkoms. Dié geleentheid, beplan vir einde Augustus, gaan deur honderde NG predikante van regoor Suid-Afrika bygewoon word. Waarom is so ’n massasaamkoms nodig – en hoe hoop die organiseerders sal dit predikante én hulle gemeentes kan versterk en bedien? Vir hierdie…
3 Aug 21 min

Kollig episode 65 | Trauma se onsigbare wonde – hoe lyk die kerk se sorg?

’n Klomp goed het gebeur na die moord op sy skoonouers. ’n Polisie-ondersoek, hofsaak, media. Maar toe raak dit stil, ook vanaf die kerk. “Toe sit ons nog met die verwonding …” Só vertel ds Gerhard Pietersen wie se skoonouers in 2016 op hulle Suid-Kaapse kleinhoewe vermoor is. Hy is…
25 Jun 26 min

Kollig episode 64 | Sinodegangers deel indrukke by Bothaville

Hoe het afgevaardigdes en gassprekers die NG Kerk Vrystaat se sinodesitting van 7-10 Junie beleef? Kerkbode-redakteur Le Roux Schoeman praat op die laaste dag met afgevaardigdes Daleen Deacon en Hansie van Niekerk, asook ds Ulrich Ohlhoff, dr Nina Müller van Velden en dr Marinda van Niekerk van PEN en die…
11 Jun 21 min