Vier vermeende onwettige mynwerkers vas

Loading player...
Operasie Vala Umgodi het nog vrugte afgewerp in Mpumalanga met die arrestasie van vier verdagtes gister. Polisiebeamptes het inligting opgevolg oor verdagte voertuie wat straks by onwettige mynboubedrywighede betrokke sou wees in Schoemanskloof en Machadodorp. In een voertuig is 20 sakke gouddraende materiaal ontdek en ‘n verdagte is aangekeer. In die tweede voorval is drie verdagtes gearresteer met vier emmers gouddraende materiaal in die kattebak van hul voertuig.
21 Jun 2024 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min