Sekuriteitswag gevonnis vir moord op tiener in Nkomazi

Loading player...
‘n 53-jarige sekuriteitswag is tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis vir die moord in 2018 op ‘n 14-jarige seun. Die Mpumalanga Hooggeregshof in Middelburg het bevind Sarel Petrus du Plessis het Bhekimuzi Ziko op ‘n plaas in Kamhlushwa in die Nkomazi-area met ‘n ongelisensieerde vuurwapen doodgeskiet. Hy het op die plaas gewerk as ‘n sekuriteitswag toe Bhekimuzi saam met vriende en sy boetie op die plaas betrap is. Du Plessis is ook skuldig bevind aan poging tot moord op drie van die ander kinders.
26 Jun 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min