Liggaam van driejarige dogtertjie in Pienaar ontdek

Loading player...
Die liggaam van die driejarige Peaceful Khoza is gister in Pienaar opgegrawe. Sy is Woensdagoggend ontvoer. Haar liggaampie is verbrand en in 'n vlak graf begrawe - agter die huis van die 18-jarige moordverdagte se ouma. Dieselfde man word deur die polisie aangehou weens die moord op Junior Mabandla. Die oorskot van die sesjarige is Woensdagaand in in die begraafplaas opgegrawe na hy 'n maand vermis was. Die verdagte is onder polisiebewaking in die hospitaal na hy deur gemeenskapslede aangerand is.
5 Jul 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min