Rugby: Curriebeker-premiers-afdeling in volle swang

Loading player...
Rugby: Die Premiers-afdeling van die Curriebeker het die naweek afgeskop, met die Airlink Pumas wat die Griekwas Vrydag 44-24 in Kimberley geklop het. Die Leeus het met 26-25 oor die Haaie geseëvier in Durban. Die Cheetahs kon 82 punte aanteken teen die Griffons in Bloemfontein wat 20 op die bord kon sit. In die tradisionele stryd tussen Westelike Provinsie en die Bulle het die besoekers aan die Kaap met 30-25 gewen. Die Pumas se eerste tuiswedstryd is hierdie Vrydag by Mbombela teen die Leeus. Die kompetisie duur tot 21 September. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse het na afloop van diewedstryd gesê hulle is bly om die Griekwas weer te kon klop.
8 Jul 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min