Rugby: Curriebeker-premiers-afdeling in volle swang

Loading player...
Rugby: Die Premiers-afdeling van die Curriebeker het die naweek afgeskop, met die Airlink Pumas wat die Griekwas Vrydag 44-24 in Kimberley geklop het. Die Leeus het met 26-25 oor die Haaie geseëvier in Durban. Die Cheetahs kon 82 punte aanteken teen die Griffons in Bloemfontein wat 20 op die bord kon sit. In die tradisionele stryd tussen Westelike Provinsie en die Bulle het die besoekers aan die Kaap met 30-25 gewen. Die Pumas se eerste tuiswedstryd is hierdie Vrydag by Mbombela teen die Leeus. Die kompetisie duur tot 21 September. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse het na afloop van diewedstryd gesê hulle is bly om die Griekwas weer te kon klop.
8 Jul 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min