Vrou gevonnis wat voornemende verpleegkunde-studente in Kabokweni bedrieg

Loading player...
‘n Vrou wat haarself as ‘n werknemer van die Kabokweni-verplegingskollege voorgedoen het en voornemende student besteel het, is tot agt jaar tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar, gevonnis. Die 50-jarige Nomthandazo Matsane is gister deur die Hof vir Gespesialiseerde Handelsmisdade in Nelspruit skuldig bevind aan bedrog. Volgens die Valke het sy in 2016 sewentien voornemende studente 12-duisend-500-Rand gevra vir kwansuise registrasie. Sy is onder huisarres, moet gemeenskapsdiens doen en 99-duisend-300-Rand van die gesteelde geld terugbetaal. Die saak teen haar twee medepligtiges is uitgestel tot 13 Augustus vir verhoor.
11 Jul 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min