Episode 20 | ‘In my andersheid het God my geroep’: Farren Cloete oor dominee en jou eie mens wees

Loading player...
Kerkbode Kollig het die pad gevat Weskus toe. Ons gesels met die flambojante jong dominee van die VGK-gemeente op Lambertsbaai. Farren Cloete. Haar “bediening” sluit ook in meer as 260 000 wat haar op TikTok volg. Sy is ’n anderster dominee, vertel hierdie gebore Namakwalander wat pas ’n boek uit het wat haar storie vertel, getitel Geroep vir ’n tyd soos hierdie.
14 Jul 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 45 | ‘Siekte het my ’n beter predikant gemaak’

Bennie Janse van Rensburg het ’n oorerflike spierkwynende siekte waarvoor daar nie genesing is nie. FSH-spierdistrofie, wat in 2007 by hom gediagnoseer is, het hom oor jare so verswak dat sy stewige paar bene hom nie meer kan vat waar hy wil wees nie. Hy kan nou nie eens meer…
18 Jun 11 min

Episode 43 | 'Afrikaners' as slagoffers - Hoe praat ons daaroor?

Hoe praat ons oor slagofferskap binne die konteks dat (net wit?) Afrikaanse boere (?) vir vlugtelingstatus mag aansoek doen by die VSA? In ’n tyd waarin wyd oor hierdie sensitiewe, komplekse en kontroversiële kwessie gepraat word, nooi Kerkbode vir ’n veelvlakkige gesprek hieroor die ervare kerkjoernalis en skrywer Neels Jackson…
21 May 25 min

Episode 40 | Gemeentes met gebroke verhale van hoop – Dr Marelize Maritz

Hoe lyk ’n gemeente wat kwalifiseer as ’n “baken” vir die toekoms van die NG Kerk? Só ’n gemeente se storie is dikwels vol gebrokenheid, maar hulle verhaal van aanpas by veranderde omstandighede skets ’n prentjie van hoop. Só vertel dr Marelize Maritz, ’n akademiese navorser van die Vrystaat wat…
8 Apr 30 min