Oud-Nellie-atleet op pad na Olimpiese Spele

Loading player...
Ashley Erasmus het gekwalifiseer om in gewigstoot deel te neem aan die Olimpiese Spele in Parys. Dié oud-leerling aan Hoërskool Nelspruit het by die onlangse Afrika-atletiekkampioenskappe in Kameroen die eerste Suid-Afrikaanse vrou geword om deur die 18-meter grens te breek. Haar wen-afstand van 18,17-meter het die vorige SA-rekord van 17,88-meter verbeter. Sy hou nou ook die Afrika onder-20-rekord in gewigstoot, sowel as die Afrika-kampioenskaprekord. Op 19 word sy boonop die jongste SA-vrou om in gewigstoot haar land by die Spele te verteenwoordig.
12 Jul 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min