Man moet 20 jaar sit na hy sy verloofde skiet

Loading player...
Die KwaMhlanga-streekhof het die 43-jarige Gladstone Sipho Mahlangu tot 20 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die moord op sy verloofde en poging tot moord op haar kêrel in 2019. Hy het lobola aan Siphiwe Mavis Mokoena se familie betaal en hulle het twee kinders saam. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het hy haar saam met 'n ander man gevind en 'n woordewisseling het ontstaan. Mahlangu het beweer hy het haar per ongeluk en die man uit selfverdediging geskiet. Sy weergawe is deur die hof verwerp.
15 Jul 2024 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min