DA blameer kaderontplooing vir vakatures in Thaba Chweu-munisipaliteit

Loading player...
Die DA in Thaba Chweu eis dat die LUR vir Samewerkende Regering, Speedy Mashilo, ingryp om te verseker die groot gros vakante poste in die munisipaliteit word spoedig gevul. Marius Opperman, ‘n DA-raadslid, sê 130 poste is ongevul, ‘n groot toename sedert die vorige finansiële jaar. Dit sluit in finansies, tegniese-, en gemeenskapsdienste. Opperman sê hulle is in kennis gestel dat die owerheid swoeg om kandidate se ervaring te verifieer, wat hy toeskryf aan die ANC se beleid van kaderontplooiing.
16 Jul 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min