Spoedvraat teken 199-kilometer aan in 100-sone

--:--
‘n 40-jarige man is op die N4 Schoemanskloof aangekeer na hy gistermiddag glo 199 kilometer-per-uur gery het in ‘n 100-kilometer sone. Hy het ‘n Volkswagen Golf 5 bestuur. Hy is aangekla van roekelose en nalatige bestuur. Hy is borgtog van 2-duisend-Rand toegestaan en sal binnekort in die Nelspruit-landdroshof verskyn. Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Jackie Macie, sê hy hoop dit dien as waarskuwing vir ander bestuurders wat die padreëls verontagsaam.
17 Jul 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Blinde potjiekos is terug

Die Mpumalanga Blind Skills Development Hub groei met rasse skrede. Ter ondersteuning is jy genooi om saam te kom potjiekos maak. Prince Ngema, Zandré Pelser en Fanie Msiza kuier in die ateljee.
12 Mar 7AM 8 min

Pumas begin SA Beker goed

Die Airlink Pumas is na die eerste ronde van die SA Beker weens hul punteverskil van 68 eerste bo-aan die punteleer. Hulle het Vrydag met 75-7 oor die Phangela SWD Arende geseëvier by Mbombela-stadion. Hulle speel Saterdag weg teen die Oostelike Provinsie in Gqeberha en die naweek daarna weer tuis…
12 Mar 4AM 9 min

Anton Goosen vier 50 jaar in musiek

Anton Goosen vier vanjaar 50 jaar in die musiekbedryf. Hy gesels met Amanda oor sy loopbaan voor musiek (in die onderwys) en sy jongste vrystelling "Tik Tok (die ballade van Klasie Frik van Staden)".
11 Mar 4AM 11 min

Mesmaker deel geheime

Sarel Naude maak die mooiste messe. Hy gesels met Charles oor sy stokperdjie.
10 Mar 3AM 19 min

DA: Premier het geen planne, slegs leë beloftes

Die Mpumalanga Premier, Mandla Ndlovu, se provinsiale rede Vrydag was besonder teleurstellend. Bosman Grobler van die DA sê opposisiepartye stem saam dat hulle graag wil sien hy kry dinge gedoen. Hy het eerder ou beloftes herhaal en doelwitte aangekondig sonder 'n plan oor hoe om hulle te bereik.
6 Mar 8AM 13 min