Mpumalanga verklaar areas wat deur brande geraak is as rampgebiede

Loading player...
Die DA is verwelkom dat die Mpumalanga regering ingestem het om die dele van die provinsie wat die afgelope twee weke kwaai deur brande geraak is, as provinsiale rampgebiede te verklaar. Tersia Marshall van die DA sê hul versoek was sodat die grondeienaars wat skade gely het, regeringshulp kan ontvang. Die LUR vir Landbou, Landelike Ontwikkeling, Grond en Omgewingsake, Nompumelelo Hlophe, het bevestig die tegniese assessering om die omvang van die skade te bepaal, is afgehandel. Marshall het die department geloof vir sy spoedige optrede.
18 Jul 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min