Drie vasgetrek met olifanttande in Mbombela
Loading player...
# Drie verdagtes tussen die ouderdomme van 38 en 53 verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof vir die onwettige besit van olifanttande. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, is hulle gistermiddag by die Hall’s-vulstasie in Mbombela aangekeer na wetstoepassers gereageer het op inligting oor ‘n verdagte Toyota Hilux. Drie olifanttande is in die voertuig ontdek.