Hazyview ongeluk eis vier lewens

Loading player...
Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Jackie Macie, betreur die dood van vier mense in 'n trompop botsing vanoggend. Volgens die departement het 'n ligte afleweringsvoertuig en sportnutsvoertuig op die R40 buite Hazyview gebots. Drie van die oorledenes was insittendes van die sportnutsvoertuig. Die bakkiebestuurder is ook dood. Die woordvoerder, Moeti Mmusi, sê die oorsaak van die ongeluk word ondersoek. Macie doen 'n beroep op bestuurders om die padreëls te gehoorsaam. 
22 Jul 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min